Grand Parade Investments Noteer Op Die Johannesburgse Effektebeurs

Die Wes-Kaapse bemagtigings-beleggingsgroep Grand Parade Investments (GPI) het vanoggend op die Johannesburgse effektebeurs genoteer. 

Ongeveer 5 500 GPI aandeelhouers het verlede Saterdag hul oorweldigende ondersteuning vir die notering aan voorsitter Hassen Adams gegee, tydens ‘n belangrike viering op die GrandWest Casino & Entertainment World in Kaapstad. 

GPI, wat in 1997 van stapel gestuur is met die ondersteuning van duisende gemeenskapsbeleggers, het spoedig ‘n wesenlike speler in die Suid-Afrikaanse toerisme, ontspannings- en dobbelnywerheid geword. Aanvanklik die bemagtigingsvennoot in die suksesvolle SunWest aansoek in 1999 om die dobbellisensie in die Kaapse Metropool, besit hy nou wesenlike belange dwarsoor Suid-Afrika – en sy portefeule groei steeds. Hy het onlangs ‘n 23% aandeel in Real Africa Holdings aangeskaf, in ‘n transaksie ter waarde van R450-miljoen. 

“Die rede vir die notering is die uitslag van ‘n mandaat deur duisende GPI aandeelhouers om hul aandele te korporatiseer, in ‘n omgewing waar formele handeling in ‘n regverdig mark kan geskied,” sê Adams. 

“Daar is nie onmiddelik ‘n nood om kontant te werf deur ‘n aanvanklike publieke aanbod nie,” het hy voorts gesê, “omdat GPI genoegsame hulpbronne het om verdere aankope te maak in die korttermyn, maar sou dit nodig word, sal so ‘n aanbod voorhande wees. 

“Die Real Africa-transaksie het effektief vir ons die geleentheid gegee om ons recepis en sommige geld te gebruik om hul bates van indiwiduë en inrigtings te koop. Dit, saam met sy bestaande bates, het GPI toegelaat om van ‘n aanvanklike belegging van R28-miljoen tot ‘n mark-kapitalisasie van R2,5-miljard te groei. 

“Alhoewel GPI ontstaan het in die tyd van bematigingsgeleentheid, het dit nou gegradueer tot ‘n wesenlike korporatiewe speler. GPI sal nou verandering omhels deur inklusief te wees, en aandeelhouergroei ten alle tye te verseker. Ons glo GPI is goed geleë om dit te doen. Duisende van GPI se aanvanklike aandeelhouers het gevorder tot ‘n nuwe korporatiewe, genoteerde omgewing, met ‘n geleentheid om deel te neem in volgehoude groei en jaargeld-inkomste uit jaarlikse diwidende,” sê Adams. 

Buiten die groei van GPI se bates vir sy aandeelhouers, van wie baie gewone mense is wat vir die eerste keer ‘n platform het waarvan af hulle die sakewêreld kan toetree, beoog GPI dit ook om menslike kapasiteit en vaardighede te koester. 

Sê Adams: “Ons beoog dit om die beste operasionele en bestuursvaardighede in hierdie sektor te ontwikkel. Ons glo dat met soliede belegging nou in die beste mense en bates, dat Grand Parade Investments se aandeelhouers die hoogste diwidende in die lang termyn sal geniet – in beide finansiële en menslike terme.” 

Vir Adams, is die notering ‘n betekenisvolle stap vorentoe in GPI se planne om ‘n wesenlike speler in die toerisme, ontspannings- en dobbelnywerheid te wees, in beide Suid-Afrika en die res van Afrika. 

“GPI het ver gekom sedert sy ontstaan as die bemagtigingsvennoot van die SunWest kasino-aansoek 11 jaar gelede. Dit besit nou waardevolle aandele in operasies dwarsoor die land, en het ‘n volkome, inklusiewe nasionale maatskappy in sy eie reg geword. Ons is baie trots om die volgende logiese tree te neem in GPI se ontwikkeling: notering op die Johannesburgse effektebeurs.”